top of page

Gaan Brangelina dit skoon hou?


Hoe kan Angi & Brad die geveg skoonhou?

Ek weet nie eintlik nie, want ek was (genadiglik) nog nooit deur die hel waardeur hulle nou gaan nie, maar ek sou, as ek hulle was, al die besittings geskenk het vir charity, en heeltemal nuut begin het. Ek meen, dit sal sinneloos wees vir Angelina om ‘n fit te gooi oor ‘n tv.

Ek moet sê my ouers is nou 39 jaar getroud en ek bid elke dag dat my kinders eendag dieselfde gaan kan sê. Nietemin, ek het nou hierdie artikel begin, so ek gaan staatmaak op my logika. Hierdie gaan dalk bietjie kras voorkom – maar ek glo nog altyd dat ons mense nodig het wat alles sê, wat nodig is, om gesê te word. En baie keer, het die diplomatiese manier nie dieselfde trefkraf as die reguit, no-bullshit-manier, nie.

Hier is wat my logika en menswees sê:

  1. Onthou, altwee partye het seer, dis nie lekker om ‘n chosen one te verloor nie, so moenie julle seer op mekaar uithaal nie. Albei het skuld in die hele storie, so om nou te begin verwyte rond te slinger en mekaar te verkleineer gaan net verdere seer tot gevolg hê.

  2. Sover moontlik, vat wat joune is en gee die res terug. Ons almal werk hard vir ons goed. Dis onregverdig om “entitled” te voel en net te vat of te hou wat nie joune is nie (nevermind onregverdig, DIS SKELM!!) As jy doen, gaan die ander party heelwaarskynlik rebelleer en “tantrums” gooi om hul goed terug te kry. Dit veroorsaak onnodige struwelinge, hofkostes en dit beroof jou van jou vrede. Gee haar/sy goed terug!!!! Jou ma het jou beter geleer.

  3. Moenie luens versprei nie. Dit is swak styl in die eerste plek en dit beklemtoon ‘n geweldige kinkel in jou karakter. Karakter is belangrik, want onthou, al is daar mense wat jou glo, daar gaan altyd ‘n paar wees wat die waarheid weet, en hulle gaan weet watse tipe mens jy eintlik is. Dáárdie mense, wat hul nie steur aan jou stories nie, is die intellegentes, dis hulle wat jy nodig het om ver te kom in die lewe.

  4. Moenie vir almal vertel hoe jy “tenagekom” is nie. Iemand wat victim speel vertoon swak. ‘n “Jannie-jammer-gat-houding” soos my ma dit noem, is lelik. Dit irriteer mense. Kom oor dit. Tel op jou kop en beweeg aan. Jy sal weer ‘n maatjie kry. Byt net vas.

  5. Moenie ander partye onnodiglik betrek nie, VERAL NIE JOU KINDERS NIE!!! Dit wat besig is om te gebeur, is nie hulle skuld nie, so moet dit nie hulle probleem maak nie. Veg jou eie geveg – in die privaatheid van jou verhouding. Selfsug is nie ‘n mooi eienskap nie, neem ander mense in ag.

Hou dit mooi, groet mekaar ordentlik en soos Adele sing, “Send my love to your new lo-o-ver”. (Jy’t daai stukkie gesing nê? ;-D)

Tot volgende week ♥


Gewilde Plasings
Nuwe plasings
Argief
Soek volgens etikette
No tags yet.
Volg ons
  • Facebook Basic Square
  • Pinterest Social Icon
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page