top of page

De-Clutter jou lewe. Begin by jou huis.


Die Augustus winde is hier en hard besig om die winter weg te waai. Dis wonderlike nuus want somer is kort op lente se hakke, maar daar is 'n prys wat ons moet betaal.

Stof, stof en nog stof op al wat 'n meubelstuk is. Gordyne is vuil. Vloere is vol sand (daai sand wat onder die yskas ingevee word), matte is stowwerig en ons almal is vrot van die hooikoors en sinus. Dis tyd vir "Spring Clean". Ek lief dit, want daar is niks lekkerder as 'n huis wat lekker ruik en blink skoon is nie.

Ek weet die skoonmaak is nie so prettig vir ons almal nie, maar hier is 'n 30 dae skoonmaak roetine wat jy nie eers gaan voel nie. Dis 'n dag-vir dag plan wat jou stap-vir-stap lei deur elke vertrek, kabinet en klerekas. Jy sal nie net weet wát om skoon te maak nie, maar ook hoe om dit ordentelik te doen, al sien jouself as 'domestically challenged."

Print dit en gee dit vir jou bediende as jy moet. Dit gaan struktuur en 'n skoonmaak roetine in plek kry sodat jy jou huis kan reg ruk in oogknik.

Doen dit op jou eie tyd

Net omdat ek dit opgedeel het in 30 dae, is daar geen rede hoekom jy nie langer kan vat nie. Wil jy bietjies vir bietjies skoonmaak oor die loop van 'n paar maande? Geen probleem. Begin met dag 1, doen wat jy kan, en vat dit dan verder as jy weer 'n tydjie het. Intussen, sal die daaglikse skoon maak roetine dinge in orde hou. Lewe is besig, ek verstaan dit, meeste vrouens is mammas wat skaars tyd kry om in rus en vrede te stort, wat nog van skoon maak. Dit is hoekom ek die skoon maak opbreek in take wat bou op mekaar, sodat jy skoonmaak kan inpas by jou skedule.

Wil jy alles doen in 1 week? As jy die tyd en energie het kan jy dit ook doen.

Anders, kan jy Proglo Cleaning kontak op 0824950642. Ons maak én hou alles skoon.

Geen magic kuns nodig nie

Met die 30 dae Skoonmaak Roetine gaan jy nie instruksies kry om alles in jou huis op 'n hoop te gooi en weg te gee nie. Vir my is dit net 'n resep om jouself uit te pit en jy gaan steeds 'n deurmekaar spul hê.

Ek gaan ook nie vir jou vertel om klere in een of ander nuwe manier op te vou wat great klink, maar op die ou end net tyd tap en jou laaie steeds vinnig onnet laat lyk, nie.

Jy gaan nie eindelose argumente en met jou besittings hê nie (lol ek werk so dan en wan 'n kras woord of twee by in die skoon maak roetine).

Wat jy kry, is eenvoudige, duidelike hulp om jou huis opteruim en skoon te kry vir die somer, en dit dan so te hou.

Hou ons Facebook blad dop vir my volgende artikel van die reeks, De-Clutter Jou Lewe of teken in om my nuusbrief, oor jou huishouding en hoe om die prentjie vrou en ma te wees, te ontvang.

Klik hier om 30 Dae Skoonmaak Roetine af te laai en te print.

Gewilde Plasings
Nuwe plasings
Argief
Soek volgens etikette
No tags yet.
Volg ons
  • Facebook Basic Square
  • Pinterest Social Icon
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page