top of page

Spring Clean Jouself


Die vrou van die huis bepaal die atmosfeer.

So, dit voel of jy wil weghardloop? Skuldeisers, kinders, manlief, werk – almal moet happy wees. Maar wat van jou? Jy moet gelukkig wees. Happy wife, happy life. Dis die wet. So ons sluit aan by September se tema – De-clutter jou lewe. Hoe gaan ons jou lewe makliker maak?

Deur klein veranderings te maak aan jou daaglikse roetine en denk rigting, kan jy vinnig ‘n gelukkiger lewe he aan die binnekant en meer agter mekaar lyk aan die buitekant.

Hou op kla oor goed

Om oor ons probleme te praat is ons grootste verslawing, breek die gewoonte. Praat oor jou vreugdes. Vat ‘n hele dag - 24uur - begin die oggend, en fokus daarop om nie een keer te kla oor iets nie. Probeer dit net vir ‘n dag en kyk hoe begin jou week verander. Praat heeldag oor goed waarvoor jy lief is, goed wat jy waardeer en goedjies wat jou laat glimlag. Daar is ‘n gesegde wat sê “‘n Negatiewe verstand sal nooit vir jou ‘n positiewe lewe gee nie.”

Maak ‘n lysie van die goed waaroor jy die meeste kla, en begin dink hoe jy elkeen van daardie goedjies kan oplos of uitvee. As dit iemand is by die werk wat jou ongelukkig maak, bespreek dit met die persoon en kyk of jul dit kan oplos. Indien dit geldsake is, kontak jou skuldeisers en maak ‘n alternatiewe reëling om die las ligter te maak. Kla jy oor jou gewig? Maak klein veranderinge aan jou eet gewoontes (soos om een suiker in jou koffie te drink ipv twee) of maak elke aand net ‘n slaai by die ete. Jy sal gou die verskil agterkom.

2. Knyp tyd af vir jouself – dis noodsaaklik

Ja ek weet wat jy dink, “dis makliker gesê as gedaan”. Dit is nie. Staan vroëer op in die oggende, voor jou wêreld wakker word. Gebruik die tyd vir JOU. Fokus op jouself vir daardie uur.

​Lees die boek waarby jy nie uitkom nie

Doen Bybel studie

Werk aan jou stokperdjie

Gaan le net rustig in ‘n bad

Hierdie gaan jou help om voor te berei. Om jouself te “center”. Om jouself te vul. Om te droom. Om nuwe goed te skep.

3. Word ‘n meester van jou eie schedule.

Eerstens, leer om NEE te sê. Jy hoef nie almal te help wat vir hulp vra nie. Jy hoef nie alles te doen vir almal nie. Moenie jok nie, moenie verskonings opmaak nie en moenie jouself verduidelik nie. Jy moet leer om nee te sê sonder om skuldig te voel oor dit. Jy het nodig om jouself te respekteer en eerste na jouself om te sien. Onthou “You can’t pour from an empty cup. Take care of yourself first.”

Delegeer. Die dae wat die vrou alleen verantwoordelik was vir kosmaak, kinders grootmaak, man gelukkig hou, skoolwerk doen en kruideniersware koop, is by die deur uit toe die vrou moes begin werk om huishoudelike kostes te verlig.

4. Begin oplet na die skoonheid om jou

Ek love hierdie tyd van die jaar. Die lug buite ryk na blomme. Kleur skiet oral op soos die bloeisels kop uit steek. Elke dag is ‘n lekker dag vir my want ek fokus op die fynere dinge van die lewe. Dis gratis. Begin bietjie oplet daarna. Dit sal maak dat jy van jou krisisse vergeet en jou verlustig in die lekker en die mooi. Goed waarop ek fokus as ek nodig het om van stres ontslae te raak is die reuk van moerkoffie in ‘n huis, 'n skoon en vars handdoek na 'n lekker stort, die reuk van nat grond as dit reën of as jy die tuin nat spuit, musiek, bome, die geluid van voëls (veral in die oggende en laat middag), die smaak van kos, moenie net eet om jouself te voed nie, waardeer die geur en die smaak - soveel mooi in die lewe, en ons kies om op die lelik te fokus.

5. Doen iets vir jouself

n Vrou is die mees onselfsugtigste mens wat jy ooit sal teë kom. Sy plaas almal se belange en geluk voor haar eie. Dis deel van die mooi van vrou wees, maar dit is nodig dat jy jouself ook gelukkig hou. Reël 'n date met jouself 1 keer 'n maand, reël dat jou man die kinders besig hou iewers of laat hul by 'n maatjie gaan speel.

  • Tap 'n bad met lekker olies of badsoute, skink vir jou 'n glas wyn, steek die kerse aan wat al vir jare stof opgaar en ontspan.

  • Hou 'n movie night saam jou man en kyk vir 'n slag 'n regtige grootmens fliek.

  • Gaan drink iets saam jou vriendinne by 'n restaurant

  • Gaan winkels toe en spandeer iets op jouself. Al is dit net 'n stel nuwe oorbelle of 'n paar skoene

  • Laat doen jou naels of kry 'n massering

Jy is kosbaar liewe vrou, en dis tyd dat jy jouself daarvoor beloon.

6. Handel die aaklige take eerste af

Ons almal het daardie verpligting of twee wat ons weet moet gedoen word, maar ons stel uit, en dit pla ons die heeltyd. Doen die slegte take eerste ding in die oggend, dan het jy niks om na op te sien nie.

Moenie hierdie sien as 'n 1 week projek nie, want dit is nie. Dis 'n leefstyl. Dit gaan jou 'n rukkie vat om in die gewoonte te kom, maar as jy eers is, sal jy jouself nie ken nie.

Skryf in op ons blog om ons artikels via epos te ontvang.

Gewilde Plasings
Nuwe plasings
Argief
Soek volgens etikette
No tags yet.
Volg ons
  • Facebook Basic Square
  • Pinterest Social Icon
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page