Spring Clean Jou Vriendekring
- proglo
- Sep 8, 2016
- 3 min read

So ek het eintlik iets heeltemal anders beplan vir hierdie week se blog artikel. Maar toe ek die foto sien op Pinterest, toe weet ek. Hierdie is special en dis geweldig nodig – en dalk meer interesant as hoe om shit vlek vry te kry.
Ek bly steeds op September se tema van De-clutter Jou Lewe. Hierdie onderwerp is dalk net bietjie meer gerig op jou persoonlike emosionele welstand en sanity eerder as op jou huis sn.
Ek het hierdie raak gesien op Pinterest en dit het my dadelik geboei. Seker omdat ek ondervinding het – maar dan weer – ek dink die meeste van ons het. Ons almal het al mense verloor wat ons gedink het sal vir altyd en ewig aan ons kant wees, en ek praat nie van om iemand aan die dood af te staan nie, ek praat van om iemand fisies lewendig te verloor.
Ek sit soms en wonder watter een van die twee is makliker, en ek het redelik my mind opgemaak. My opinie – dis makliker dink ek om iemand aan die dood af te staan. Ek dink die proses daarvan om ‘n “chosen one” te verloor, hetsy ‘n vriend/vriendin of ‘n kerel of ‘n meisie, is baie erger as om sonder die persoon aan te gaan. Dis die proses wat seermaak. Die woorde wat gewissel word, die rede agter die skeiding, die verraai… daardie is die doodsteek.
Nietemin, soms is dit nodig. Nee regtig, soms is dit nodig om mense op ‘n hopie te gooi en by local charity aftegee. Net soos die klere wat nie meer pas nie, daars dalk iemand wat hul wil hê. Jy het nie nodig om tevrede te wees met giftige mense en hul shit nie, dit sluit “vriende” en “familie” in. As hulle jou vrede steel, chuck them in the fuck it bucket (Skies, maar soms het die mooi woorde nie dieselfde trefkrag nie) en stap weg.
Van wanneer af ag jy jouself so min werd, dat jy tevrede is met familie of skoon familie wat jou sleg behandel? Van wanneer af is jy so min werd dat dit okay is dat jou man of jou vrou oneerlik is? My liefste mens, as jy nie binnekort jou eie waarde gaan sien en erken nie, kan jy nie verwag dat die mense om jou hul waarneming gaan verander nie. De-clutter jou lewe. Hulle is goeie mense ja, maar nie jou goeie mens nie. Jy verdien beter.
Onthou wat ek in my vorige artikel gesê het; “die eerste stap om te kry wat jy wil hê, is om ontslae te raak van die shit wat jy nie wil hê nie.” Wil jy oneerlikheid hê? Wil jy inferior voel in jou vriende en skoonfamilie se geselskap? Wil jy vriende hê wat net daar is om te oes? Wil jy regtig voel jy word gejudge oor jou foute deur almal om jou wat dink hulle sonde is minder verkeerd as joune?
NEEEEEE!!!!!
Jy wil nie! Jy wil spesiaal en gemaklik voel in jou vriende en familie se geselskap, jy wil uitsien na sondag se familie ete. Jy wil ‘n vriendin vertrou met jou grootste hartsgeheim sonder om die prys later daarvoor te betaal.
Ek het nie baie vriende nie, ek kan my vriende op een hand tel, en daai een hand bevat my sussies en my kêrel ook. Lol soooo my sirkeltjie is regtig klein (kleiner as wat ek eintlik self besef het) maar ek is so geweldig gelukkig, wat ek nooit was toe ek al die ander by gehad het nie.
Ek het nou reels, wat ek nie sal prysgee ooit vir enige iemand nie, want ek het eenkeer dit prys gegee en ek het die boete daarvoor betaal.
Ek kies deesdae noukeurig my vriende.
Ek kies wie welkom is in my huis en wie nie. Of jy nou familie is, en of jy my kêrel se graad 1 buddy is, as jy my vrede enigsins beinvloed, is jy nie van die wat ek weer sal oornooi nie.
Ek stuur nie meer vir die afgunstige niggies ‘n boodskap op hul verjaarsdae nie, want hoekom moet ek? Omdat hul familie is? Nee wat.
Ek help nie meer almal wat vrae vir hulp nie. Hoekom nie? Want ek kom agter dat mense dit begin sien as ‘n reg, en nie meer as ‘n voorreg nie. So, ek het geleer om nee te sê.
Lewe is gans en al te kort en te besig om jou kosbare tyd te mors op mense wat dit nie verdien nie. Kies jou vriende baie versigtig. Wees vriendelik met almal, maar vriende met min.
Tot volgende week.
PS: Indien jy hulp benodig met die Spring Clean proses, kontak ProGlo. Hierdie diens sluit 'n bottel wyn in en 'n goeie geselsie. www.proglo.biz of kontak ons op 082 495 0642
Comments